8 dae gelede
Herder sê hy sal self ‘explain’
PROFEET VOL PRAATJIES: Shepherd Bushiri sê hy sal self aan die Malawiese owerhede sy redes gee hoekom hy uit SA gevlug het.  ~ Netwerk24

DIE selfverklaarde profeet Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary, het hulle gaan oorgee by ’n polisiestasie in Lilongwe, Malawi.

Die kanaal Rainbow Television Malawi het oor dié verwikkeling berig en Malawi se polisiediens het dit later bevestig.

Die Gautengse hoog­geregshof het gister lasbriewe vir die arrestasie van die Bushiri’s uitgereik nadat die egpaar laas week landuit gevlug het.

Die Bushiri’s het hul borgtogvoorwaardes verbreek toe hulle die land onder geheimsinnige omstandighede verlaat het.

Versuim

Die profeet, wat die leier is van die Enlightened Christian Gathering, sy vrou en drie ander staan tereg op klagte van bedrog van R102 miljoen.

Die egpaar was uit op bail van R200 000 elk toe hulle Vrydag versuim het om by ’n polisiestasie aan te meld soos in hul borgtogvoorwaardes vereis word.

Saterdag het Bushiri in ’n onderhoud gesê hy het besluit om Suid-Afrika te verlaat omdat hul lewe in gevaar is en hulle nie hier ’n regverdige verhoor sou kry nie.

Gister het Bushiri gesê hy gaan homself voor die Malawiese wetstoepassingsagentskappe verteenwoordig en sy besluit ver­dedig om na Malawi terug te keer. News24

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters