11 dae gelede
Hanekom sue Zuma
Derek Hanekom Foto: Foto24  ~ 

’N TWIET deur oudpres. Jacob Zuma het gemaak dat hy nou in die hof moet gaan staan.

Dit gaan oor iets wat Zuma oor ’n oudminister gesê het.

Derek Hanekom dagvaar Zuma vir R500 000 vir naamskending.

Zuma verwys in die twiet na Hanekom as ’n “bekende agent van die vyand”. Die twiet lees: “Ek is nie verbaas oor Julius Malema se onthullings oor Derek Hanekom nie.

“Dis deel van die plan wat ek by die Zondo-kommissie genoem het.

“Hanekom is ’n bekende agent van die vyand.” TimesLive

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters