3 dae gelede
Gym-afrigter in hof vir seksuele mishandeling
Gimnastiek afrigter in hof vir seksuele mishandeling.  ~ Foto ter illustrasie

'N GIMNASTIEKAFRIGTER van Johannesburg is op borgtog vrygelaat, nadat hy gearresteer is op aanklagte van seksuele mishandeling.

Die afrigter, wie nie geidentifiseer mag word nie omdat sy beweerde slagoffers minderjarig is, het vroeër die week in die hof verskyn.

Women and Men Against Child Abuse sê die beskuldigde is laasweek by sy huis gearresteer. Dit kom nadat die organisasie die vermeende slagoffer vergesel het om 'n klag by die Sophiatown-polisiestasie te open.

Olivia Jasriel, 'n woordvoerder vir WMACA, sê hulle het ook die Suid-Afrikaanse gimnastiekfederasie (SAGF) gekonfronteer met bewerings wat al deur verskeie slagoffers onder hul aandag gebring is.

Volgens haar ontken hulle enige kennis van wangedrag.

GymnasticsSA het Dinsdag in 'n verklaring bevestig dat een van hul voormalige afrigters gearresteer is en bygevoeg dat die bewerings in 'n ernstige lig beskou word.

Jasriel bevestig dat 'n interne ondersoek gedoen was, wat verband hou met beweringe van seksuele aanranding van minderjariges.

Sy voeg by dat die federasie verplig is om die saak by die polisie aan te meld.

Luidens GimnastiekSA sal die afrigter, indien hy deur die howe skuldig bevind word geskors word en nie weer by die federasie kan registreer nie.

AlgoaFM berig dat die verdagte se borgtogbedrag en uitsteldatum onbekend is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters