2 maande gelede
(Gup)tasse gou gepak
Themba MasekoFoto: city press  ~ 

’N GEWESE woordvoerder van die staat sê hy is gepos oor hy nie met die Guptas in die bed wou spring nie.

Themba Maseko het gister in Johannesburg in die ondersoek na staatskaping getuig.

Volgens Maseko is hy op 2 Februarie 2011 gefire nadat hy geweier het om met Tony en Ajay Gupta te vergader.

Die broers het hom vroeër gebel en geëis dat sy departement advertensieruimte in die Gupta-koerant, New Age, moes koop.

Zuma

Maseko sê toe hy nie wou vergader nie, het Ajay gesê hy gaan met sy seniors praat om hom “uit te sorteer”.

Hy sê hy het verstaan Ajay sou die destydse president, Jacob Zuma, en die minister in die presidensie, Collins Chabane, kontak.

Maseko het op eNews gehoor hy is afgedank.

Jimmy Manyi was reg om oor te neem.

Dit het so vinnig gebeur, hy sê hy het nie eens die kans gehad om sy goed te pak of sy personeel te groet nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters