22 dae gelede
‘Guptas wou my aanstel’
Vytjie Mentor Foto: netwerk24  ~ 

OUDPRES. Jacob Zuma was meer geworry oor haar wat moet kalm bly as die feit dat die Guptas haar ’n job in die kabinet aangebied het.

Só het Vytjie Mentor, ’n oud-ANC-LP, voor regter Raymond Zondo, adjunkhoofregter ­en voorsitter van die staatska­pingskommissie, getuig.

Mentor het vertel van haar ontmoeting met die Guptas by hulle huis in Saxonwold in Johannesburg in 2010.

Sy het getuig dat Zuma ingestap het terwyl die oudste Gupta-broer, Ajay, oor ’n werkaanbod gepraat het.

Ontmoet

Sy het nee gesê vir die werk omdat sy nie wou ingee oor die SAL se roete tussen Suid-Afrika en Indië nie en ook nie die Guptas se Jet Airways wou voorkeur gee nie.

Zondo wou ook by Mentor weet hoeveel keer sy en die president mekaar ontmoet het terwyl sy die voorsitter van die ANC se parlementêre koukus was.

Sy het gesê hulle het baie kontak gehad.

Ajay het intussen gevra of hy Mentor kan ondervra.

Mense wat beskuldig word daarvan dat hulle by staatskaping betrokke was, kan dalk nou self hulle eie kruisverhoor waarneem. Hulle sal dan self voor die kommissie moet getuig.

Zondo het gesê hy sal teen Vrydag daaroor besluit.News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters