25 dae gelede
Gupta hou ‘wortel uit na Vytjie’
Vytjie MentorFoto: netwerk24  ~ 

JOHANNESBURG. – Vytjie Mentor, die voormalige ANC-LP en fluitjieblaser, het gister getuig hoe sy onder valse voorwendsels na die Guptas se huis gelok is.

Sy het voor die kommissie van ondersoek oor staatskaping getuig.

Sy het voor die adjunkhoofregter, Raymond Zondo, getuig oor die omstrede Gupta-familie se beweerde poging om haar te beïnvloed om die SAL se roete tussen Suid-Afrika en Indië te kanselleer.

Belowe

Volgens haar het Rajesh Gupta haar in 2010 by die Guptas se spog­woning in Saxonwold, Johannesburg, ontmoet en haar ’n ministerspos belowe as sy die kansellasie kon reël.

Mentor het getuig sy is onder valse indrukke na die Gupta-woning aangery, waar sy met Rajesh vergader het.

Sy het gesê Gupta het haar die pos van minister van openbare ondernemings belowe wanneer oud.pres. Jacob Zuma vir Barbara Hogan in ’n kabinetskommeling gaan afdank.

Mentor sal vandag verder getuig. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters