5 maande gelede
Grootste ‘killer’ is steeds TB
 ~ 

TUBERKULOSE (TB) bly die land se grootse enkele oorsaak van dood, en diabetes is tweede.

Dis luidens ’n verslag wat vandeesweek deur Stats SA bekend gestel is. Dit is gebaseer op sterfgevalle in 2016 in ál nege provinsies.

Volgens die statistikus-generaal, Risenga Maluleke, bly TB die enkele grootste oorsaak van dood, al het dit van 8,3% tot 6,5% in 2016 gedaal.

Met 5,5% van die sterfgevalle was diabetes die naasgrootste oorsaak van sterftes in 2016.

Die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal het die meeste sterfgevalle weens oordraagbare siektes soos TB, diarree en longontsteking.

Volgens Maluleke is meer vroue as mans in 2016 aan nie-oordraagbare siektes soos diabetes, beroertes en hipertensie dood.

Die meeste sterfgevalle onder mans is weens TB, terwyl onder vroue dit aan diabetes toegeskryf word.

In die Wes-Kaap is aanranding die oorsaak van die hoogste persentasie sterfgevalle.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters