2 maande gelede
Grondman in die klei
Vincent SmithFoto: daily sun  ~ 

DIT lyk of die ANC-LP Vincent Smith korrup is.

Daar word beweer die veteraan het die afge­lope drie jaar R670 000 gekry van Bosasa. Dit is ’n omstrede facility management-groep.

Smith het glo boonop ook ingestem dat ’n larney CCTV-stelsel en elektriese heinings van sowat R200 000 by sy huis geïnstalleer word.

Daar is ook gerugte dat hy elke maand R100 000 in harde kontant gekry het by die uitvoerende hoof van Bosasa, Gavin Watson.

Smith is lid van die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge en hoof van die komitee oor grond­onteiening. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters