5 maande gelede
Groentjie hardloop weg van eerste skooldag

DIS nie vreemd vir melktandjies om te huil op hul eerste skooldag nie, maar 'n die hasepad kies is 'n heel ander storie.

‘n Gr.R-meisiekind het Woensdag letterlik drie keer op haar eerste skooldag probeer weghardloop. En elke keer was dit haar ma wat agter haar aan moes hardloop.

Nonkululeko Nyoni, ma van die kleuter, vertel: "Nadat ek weet agter haar aan is het haar onderwyser haar uiteindelik gevat en kon ek verdwyn."

Langelihle Masinga het Woensdag haar eerste dag Laerskool Mitchford in Tongaat begin. Haar ma vertel sy was al van 05:00 die oggend excited om skooltoe te gaan.

"Dis toe dit tyd geword het vir my om te loop dat sy nie meer daar wou wees nie."

En die mammie moes elke keer haar dogter agterna sit. Dit kom nadat sy reeds drie keer probeer weghardloop het.

Nyoni sê al was die hele gedoente deurmekaar het haar dogter wel haar eerste dag geniet en kon sy nie ophou praat oor haar nuwe skool en maatjies nie. - News24 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters