10 dae gelede
Getroues zoem om Zuma
oudpres. jacob zumaFoto: peter abrahams  ~ 

OUDPRES. Jacob Zuma konkel glo om wéér president te wees.

Sunday Times het gister berig die omstrede Zuma het Donderdag in die geheim met van sy mees getroue com­rades by ’n hotel in KwaZulu-Natal vergader.

Ace Magashule, ANC-sekretaris-generaal, Supra Mahumapelo, uitgeskopte premier van Noordwes, en Meokgo Matuba, sekretaris-generaal van die ANC-vroueliga, was glo op die meeting.

Thanduxolo Sabelo, sekretaris van die KwaZulu-Natalse ANC-jeugliga, het intussen by die persombud gekla dat sy naam ook genoem is.

Ander wat die vergadering by die Maharani-hotel in Umhlanga bygewoon het, het dit ontken ondanks foto’s wat dit bewys.

Die doel van die meeting was om Zuma se fight back deur hofaksie te bespreek.

Die groep beplan glo om die uitslag van laas jaar se ANC-verkiesingskonferensie waar pres. Cyril Ramaphosa as die ANC-president verkies is, in die hof te betwis.

Dit kom terwyl die Zondo-kommissie oor staatskaping die korrupsie tydens Zuma se presidentskap oopvlek.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters