’N GESIN van vyf is in ’n ernstige toestand in die hospitaal nadat ’n swerm bye hulle in hul motor bygekom het.
Die gesin het Sondagmiddag in ’n natuurreservaat in Mpumalanga oor ’n byenes gery.
Ross
Campbell, ER24-woordvoerder, sê in ’n verklaring die bye het by die oop
vensters ingevlieg. Die gesin het paniekerig geraak en gevlug.
Campbell sê die bye het die egpaar, hul twee minderjarige dogters en hul baba honderde kere gesteek.
“Die
oudste dogter (vermoedelik 12 jaar oud) het na ’n nabygeleë plaashuis
gehardloop om hulp te soek terwyl sy voortdurend gesteek is.”
Vlei
– News24