Verlede maand
Gesin uitgewis in gesinsgeweld voorval
Gesinsgeweld: 'n Gesin is in een voorval uitgewis  ~ Foto Verskaf

Twee voorvalle van gesinsgeweld in Carolina het die polisie in Mpumalanga geskok. 

Vroeg Vrydagoggend is ’n vrou (tussen 35 en 40), haar twee seuns (1 en 7 jaar) en haar dogter (9) geskiet. Die vrou en seuns is dood; die dogter is in ’n ernstige toestand in die hospitaal. Die vrou se man (40) is ook dood.

’n Vuurwapen is langs sy lyk gekry, berig News24.

’n Familielid het op hulle afgekom nadat hy bekommerd geraak het omdat hy hulle nie in die hande kon kry nie, sê kol. Donald Mdhluli, ’n polisiewoordvoerder. Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die man sy wettige wapen gebruik het om sy gesin uit te wis voordat hy dit op homself gerig het, sê die woordvoerder. “Die polisieondersoek duur voort.” 

Dinsdag was daar ook ’n voorval van gesinsgeweld in Carolina. Die polisie vermoed die man (35) het sy vrou en kinders (5 en 7) in hul shack in die township Nkanini toegesluit, petrol daarop gegooi en dit aan die brand gesteek. 

“Die man het brandwonde opgedoen. Bure het die drie slagoffers se noodkrete gehoor en hulle gered. Hulle is hospitaal toe geneem vir mediese behandeling. ’n  Poging tot moordondersoek is begin.” Die man is gearresteer en onder polisiebewaking. Hy sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters