Verlede maand
Gemeenskap ontsteld oor moord
GISSINGS: Mense wonder oor Suretha Brits se beweerde betrokkenheid by haar man se moord.  ~ Foto Verskaf

DIE weduwee van ’n hotel­eienaar sal voorlopig nog agter tralies moet bly.

Maar agter tralies met ’n moontlike boeppensie? Dít is die fluister-vrae wat onder die inwoners gons.

Dit is die uitkoms ná ’n uitgerekte aansoek om borgtog wat hom Woensdag in die Pofadder-hof afgespeel het.

Nuuskieriges en die media het verniet lank gewag om deel van die verhoor te wees.

Suretha Brits (30) het hier in die streekhof borgtog probeer kry. Sy staan tereg vir die moord op haar man, Leon Brits (41), in Oktober 2020. Slegs familielede van die twee persone is egter toegelaat om die hofverrig­tinge by te woon.

Hiervoor was ’n nuuskierige en uitgehongerde publiek nie heeltemal te vinde nie. Ook nie die media nie.

Plaasaanval

Mojalefa Senokoatsane, ’n woordvoerder van die nasio­nale vervolgingsgesag, het egter gesê: “Suretha het na verskeie sensitiewe issues in haar aansoek om borgtog verwys. Die staat en haar regspan het nou ’n kans om dit eers te ondersoek.”

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê Suretha loop weer hof op 29 en 30 April, wanneer haar aansoek om borgtog hervat word. Sy bly tot dan in aanhouding.

Aanvanklik, en net ná die moord op 7 Oktober, was daar gerugte dat dit swart mans was wat die moord gedurende ’n sogenaamde plaasaanval gepleeg het.

Hieroor was van die plaas­like boere van Pofadder hoogs ontsteld en het begin organiseer om “hard” met die aanvallers te deal.

Plaaslike inwoners is nou éérs ontsteld ná Suretha se arrestasie en oor haar moont­like verbintenis met die moord.

Hulle voel dis onregverdig dat “swartes” alewig met sulke aanvalle en moorde verbind moet word.

Personeel by die Pofadder Hotel was baie versigtig om enige woord te rep.

Hulle wou ook nie ontken of bevestig dat sy drie keer per dag kos vanaf die kombuis in haar hotelkamer ontvang het nie.

Die hotelbestuurder, Mari Bothma, was ook nie vir ­kommentaar beskikbaar nie.

Landdros Fiona Hess sal weer op 29 April haar borgtogaansoek aanhoor.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters