4 dae gelede
Gemeenskap hou Eskom-werkers gyselaar
eskom
Eskom erken dat dit 'n tekort aan mini-substasies het.  ~ Netwerk24

NEGE werknemers van Eskom wat gyselaar gehou is in Mabopane is vrygelaat.

Die kragreus het Maandagaand gesê die werkers word deur inwoners van Morula View aangehou. Die inwoners het na bewering aangedring dat 'n minisubstasie in die gemeenskap vervang moet word.

Die werkers is wel oornag veilig deur wetstoepassers vrygelaat.

Eskom erken dat dit 'n tekort aan minisubstasies het. Die staatsbeheerde-instelling sê dit ervaar ook aansienlike aantal voorvalle van foutiewe toerusting, weens onwettige verbindings, peutery en vandalisme aan infrastruktuur.

Amanda Qithi, 'n woordvoerder vir Eskom, sê: "Ons gee aandag aan die tekort aan substasies, wat lei tot vertraging in die vervanging van toerusting.

"Die Morula View-gemeenskap is onder die kliënte wie ongelukkig geraak word met die vertragings." - EWN

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters