Verlede maand
"Geen Tembisa 10 nie"
Vir nou bestaan nie tienlinge nie meer nie, vertel die familie van Tebogo Tsotetsi  ~ Foto Ter Illustrasie

DAAR is geen "Tembisa 10" nie.

Hierdie die woorde van Tebogo Tsotetsi, pa van die beweerde Tembisa 10.

In 'n verklaring deur sy familie word verduidelik dat Tsotetsi nog nooit die tienling gesien het nie en hy maar op die woord van sy meisie, Gosiame Sithole, gegaan het. 

Die storie het omtrent die land aan die praat gehad, nadat Pretoria News verlede week berig het dat die ma van pretoria 'n wêreldrekord gebreek het toe sy geboorte geskenk het aan tien kinders.

News24 berig intussen dat 'n vermiste persoon saak geopen was om die ma van die babas te vind.

In die Tsotetsi-verklaring word genoem: "Hy (Tsotestsi) het verskeie pogings aangewend om sy girlfriend en die babas te besoek, maar sy het nie gesê waar sy is of die toestand van die kinders nie.

"Die onsekerheid is die grootste kommer van die familie, veral omdat daar geen bewyse van die kinders is nie behalwe vir boodskappe van die ma."

Die verklaring eindig met: "Ons waardeer die publiek se belangstelling. Ons fokus nou om Gosiame te vind en bid vir haar veilige terugkeer.

"Sonder bewyse glo ons egter dit is in belang van almal om tot die gevolgtrekking te kom dat die tienling bestaan nie."- News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters