Verlede jaar
‘Geen rassisme in Ashwin-voorval’
genoeg plek: Ashwin Willemse mag steeds by SuperSport werk.Foto verskaF  ~ 

SUPERSPORT sê daar is steeds plek vir Ashwin Willemse­ by die maatskappy en die betaalkanaal sal uitreik na dié voormalige Springbok-rugbyspeler.

Dit kom nadat SuperSport gister sy bevindings bekend gemaak het oor die uitval met Willemse se mede-aanbieders op 19 Mei.

Op dié dag het Willemse uit die studio geloop terwyl hy, Nick Mallett en Naas Botha live rugbykommentaar gelewer het.

Adv. Vincent Maleka SC – wat die saak ondersoek het – het gesê geen teken van rassisme is gevind aan die kant van Mallett en Botha nie.

SuperSport se CEO, Gideon­ Khobane, het gesê Willemse het besluit om nie ’n verslag in te gee nie.

Hy het gesê hulle sal probeer om met Willemse te praat en kyk na die pad vorentoe.

“SuperSport is jammer dat Ashwin nie wou deelneem nie, maar ons respekteer sy standpunt. In die gees van versoening sal ek weer probeer­ om uit te reik na Ashwin om die pad vorentoe te kry sodat hy weet die saak is regverdig ondersoek.”

Hy het bygevoeg dat Mallett­ en Botha weer op SuperSport sal verskyn. Die datum moet nog bepaal word. News24

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters