2 maande gelede
Geen lig in Eskom se tonnel
Hou maar die kerse byderhand.  ~ Unsplash

Eskom implimenteer nou al sedert 15 Maart elke dag load shedding en dit blyk daar is geen einde aan die probleem nie.

Volgens Eskom het ons beurtkrag weens ‘n tekort aan kapasiteit.

Eskom het ‘n beroep gedoen op verbruikers om geysers en ander nie-noodsaaklike elektriesetoestelle gedurende die dag af te skakel, om die aanvraag te veminder.

In ‘n verklaring sê Eskom: “verbruikers het nie rede tot kommer en kan kalm bly. Die stelsel word doeltreffend beheer”.

Pres. Cyril Ramaphosa, het in ‘n verklaring gesê ‘n deel van die huidige elektrisiteitstekort is weens die stormskade aan die Mosambiekse transmissielyn, vanaf die Cahora Bassa-hidro-elektriese kragstasie na Suid-Afrika.

Intussen raai Eskom aan dat verbruikers die beurtkrag skedule in hul omgewing moet raadpleeg vir wanneer hulle geraak sal word.

Load Shedding Skedules

Son probeer by bly met wanneer jou area geraak word en het hierdie maandelikse schedule vanaf Eskom.

Laai die skedule hier af: LOAD SHEDDING en volg wanneer jou area geraak word, deur die volgende stappe te volg:

1. Weet watter fase is geimplimenteer

2. Kies langs die stage blokkie die regte fase

3. Kies jou munisipaliteit/dorp.

4. Kies die omgewing in jou munisipale-grense/dorp

5. Kyk onder die dag van die maand watter tyd jy geraak word.

ONTHOU: As dit fase 1 load shedding is, is net nommer 1 van toepassing. As dit fase 2 load shedding is word jy geraak die tyd waar nommer 1 en 2 staan. Met fase 3 word jy geraak die tyd waar nommers 1, 2 en 3 is.

Hierdie skedule is nog slegs vir die Wes- en Suid-Kaap.

Die Oos- en Noord-Kaap, en res van die land, kan die Eskom link gebruik

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters