6 dae gelede
Geen borgtog vir vermeende onrus-aanhitser
ngizwe
Ngizwe Mchunu.  ~ Sunday Times/Tebogo Letsie

Ngizwe Mchunu, een van die vermeende aanhitsers van die onluste in Gauteng en KwaZulu-Natal, is borgtog in die Randburg-landdroshof geweier.

Hy het homself Maandag aan die owerhede in KZN oorgegee.

Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), sê die staat glo Mchunu is 'n vlugrisiko.

"In ons teenkanting van borgtog is daar inligting wat daarop dui dat hy 'n vlugrisiko is en dat inligting benodig word om vas te stel in watter mate ons borgtog teen hom gaan teenstaan.

"Die bewyse wat ons het, hou verband met uitsprake wat hy tydens 'n openbare perskonferensie gemaak het. In  terme van masterminding kan ek nie daarop kommentaar lewer nie omdat daar 'n wye verskeidenheid ondersoeke gedoen word wat kan lei tot meer aanklagte teen hom,” sê Mhaga.

Mhaga voeg by dat die staat 'n video het om die aanklag van aanhitsing van geweld te bewys.

“Ons het toegang tot die video wat opgeneem is, ons het 'n Zoeloe-vertaler gehad en ons is oortuig dat die woorde wat hy gebruik het tot die oortreding van openbare geweld verband hou. Op die oomblik is die bewyse wat ons versamel voldoende om 'n oortreding van aanhitsing tot openbare geweld te bewys.

"Dit is die enigste aanklagte waarop hy nou te tereg staan, maar ons is besig om die getuienis en video-opnames te ontleed en ons ondersoek verder met die moontlikheid om ander klagte by te voeg," sê  Mhaga. 

Mchunu sal weer op 28 Julie in die hof verskyn vir 'n formele borgtogaansoek. - Jacarandafm

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters