4 maande gelede
Geen bail vir ‘cloners’ van kaarte
 ~ 

’N BEWEERDE kingpin van ’n sindikaat wat bankkaarte kloon, en sy trawante is bail in Muizenberg se landdroshof geweier.

Arthur Qedinda Dube (38), Silindilizwe Ntini (40) en Lwazi Madonono (30) bly in aanhouding.

Volgens kapt. Philani Nkwalase van die Valke is Dube op 15 Maart in Johannesburg gearresteer.

“Hy is verbind met verskeie bedrogsake in Kaapstad en ander gebiede.”

Oorgedra

Hy het in Hillbrow in die hof verskyn en is toe na Kaapstad gebring.

Ntini en Madonono was albei uit op bail nadat hulle ook aangekla is vir die besit van gekloonde bankkaarte en oortreding van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies. Hulle is albei intussen weer gearresteer.

Die saak teen dié drie is aan die handelshof in Bellville oorgedra. Hulle verskyn op Vrydag 26 April weer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters