5 dae gelede
Geen arrestasies ná Noordwes-brande
Christiana Hospital
'N Brand het verlede week by die Christiana-hospitaal in Noordwes ontstaan.  ~ Olebogeng Mntakwethu Morake, Facebook

NIEMAND is nog in hegtenis geneem in verband met twee groot brande in Noordwes nie.

Die historiese Mmabatho Palms-hotel in Mahikeng en die Christiana-hospitaal was laas week in vlamme.

Paul Sebegoe, voorsitter van die South African National Civic Organization in Noordwes, sê: "Daar is nog geen arrestasies waarvan ons weet nie." 

Volgens hom het die polisie die publiek ingelig dat hulle die brande ondersoek.

Hy noem dat dit vanselfsprekend is dat die gemeenskappe geraak word.

"Mense in Mahikeng is afhanklik van die regering se werk. Daar is nie baie geleenthede in die privaatsektor nie.

"Mense wat by die hotel werk word ook geraak, omdat hulle nie kan gaan werk nie." 

Sebegoe sê terwyl die voorvalle nog ondersoek word is die geraamde skade aan die hotel miljoene rande omdat die hotel 'n erfenisterrein is wat onlangs opknappings ondergaan het. - JacarandaFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters