Verlede maand
Gauteng: Talle mis grant só
Sassa: Mense in Gauteng moet hulle kaarte inruil.Foto: NETWERK24  ~ 

JOHANNESBURG. – Sowat 24 500 begunstigdes van Sassa in Gauteng gaan dié maand moontlik nie hulle geld ontvang nie.

Sassa sê mense wat nog nie hulle ou wit kaarte met die nuwe goue kaarte vervang het nie, kan einde April geen grant ontvang nie.

Volgens ’n woordvoerder van Sassa in Gauteng, Nandi Mosia, is die grants gestaak van tot 24 506 begunstigdes wat nog ou kaarte het.

Siek

Begunstigdes word nou gevra om so gou moontlik na hulle naaste Sassa-kantoor te gaan om die kaarte te vervang.

“Hulle moet hulle identiteitsdokumente en die ou kaarte saambring.

“Mense wat te siek of te oud is om na die kantore te gaan, moet die kantore bel en reëlings sal getref word om na hulle huise te gaan.”

Begunstigdes wat hulle geld by ander plekke soos banke kry en wat hulle kaarte wil teruggee, kan dit by enige van Sassa se kantore doen. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters