DRIE mans is deur gas oorval toe hulle in ’n ondergrondse olietenk gewerk het.
Die voorval het Donderdagoggend omstreeks 10:30 naby Wilton Crescent in Umhlanga Ridge, Durban, gebeur.
Volgens Shawn Herbst, ’n woordvoerder van Netcare 911, het die werkers in die tenk gewerk waarin diesel en olie gestoor is.
“Al drie is uit die tenk gehaal. Hulle is daar behandel en toe hospitaal toe geneem vir verdere behandeling.” – News24