Verlede maand
Gaan jou ticket na – dalk wag miljoene
WENNER: ’n Gelukkige kitsmiljoenêr se probleme is skielik oor danksy die regte nommers.  ~ Foto Verskaf

IEMAND in Pretoria het ’n heerlike R17 miljoen met Lotto Plus 1 gewen, maar het teen gister nog nie die wengeld gaan haal nie.

Die persoon het die geld gewen in die trekking wat op Saterdag 10 April gehou is.

Die wenner het die kaartjie in Pretoria-Noord gekoop en het R80 gespandeer en self die nommers gekies.

Charmaine Mabuza, CEO van Ithuba, vra mense om hul kaartjies na te gaan, veral dié wat kaartjies in Pretoria-Noord gekoop het.

Intussen staan vanaand se PowerBall en PowerBall Plus onderskeidelik op R77 miljoen en R27 miljoen.

Bank

’n Ma (52) van Eldoradopark in Gauteng het nou wel nie miljoene gekry nie, maar het op 12 Maart in die Daily Lotto ’n handige R500 000 gewen.

Sy het net R9 gespandeer en het ’n Quick Pick gespeel.

Die vrou sê sy pas haar sieklike, bejaarde ma op en moes die laaste tyd baie hospitaal toe gaan. Sy gaan eers die geld in die bank sit tot die einde van die jaar en wil graag vir haar twee dogters ’n dubbelverdieping-droomhuis bou waar hulle hul kinders kan grootmaak.

“My jongste dogter verwag juis nou haar eerste kind en my ander dogter het twee kinders. Ek hoop my ma sal langer leef om my droom te sien waar word.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters