29 dae gelede
FITA vol vertroue sigaret-ban sal gelig word
 ~ 

DIE Fair Trade Independent Tobacco Association (Fita) is vol vertrou die sigaret-ban sal gelig word.

Die vereniging het toestemming gekry om 'n vroeër hofbevel te appelleer, wat 'n aansoek is om die verbod op sigaretverkope om te keer. 

Die hooggeregshof in Pretoria sal die saak volgende week via Zoom aanhoor.

Fita en ander tabakverenigings is teen die regering se verbod op die verkoop van tabakverkope, wat deel is van die regering se stryd teen die verspreiding van Covid-19. 

Daar is deurgaans deur die Fita aangevoer dat die verbod op die verkoop van sigarette onbillik is en tersyde gestel moet word.

Hulle wil hê dat sigarette tydens lockdown as noodsaaklikheid verklaar moet word, en dus weer verkoop kan word.

Fita se aansoek is verlede maand deur die hooggeregshof in Pretoria van die hand gewys.

Die hof het onder meer genoem dat sigarette 'n gesondheidsrisiko is, veral tydens die pandemie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters