2 maande gelede
Fietsketting pryk om lyk
Foto ter illustrasie.Foto: André Damons  ~ 

DIE polisie in Pampierstad in die Noord-Kaap ondersoek ’n moordsaak nadat ’n tiener se lyk by ’n begraafplaas gekry­ is.

’n Verbyganger het op die lyk afgekom en die polisie laat weet, het kapt. Sergio Kock, ’n woordvoerder van die polisie, gesê.

Die tienerseun se liggaam is Donderdag gevind.

“Die oorledene is op die grond gekry. Daar was ’n fietsketting om sy nek.”

  • Mense met inligting kan sers. Lebogang Tobolo by 073 763 2015 bel. – News24
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters