5 maande gelede
'Fase-8 is fake news'
An electricity pylon
Eskom sĂȘ die moontlikheid van fase-8 beurtkrag is laag.  ~ iStock

ESKOM sê mediaberigte dat fase-8 beurtkrag binnekort 'n werklikheid gaan word is fake news.

Die kragreus het Dinsdag in 'n verklaring gesê hoewel hulle gebeurlikheidsplanne ontwikkel vir erge kragbeperkings, beteken dit nie hulle beplan om fase-8 beurtkrag te implementeer nie.

"Die moontlikheid van fase-8 is laag," lui die verklaring.

Eskom se verduideliking is dat hulle bloot wou weet of munisipaliteite se skedules vir fases 5 tot 8 beskikbaar is.

"Toe fase-6 beurtkrag in Desember geïmplementeer is, het nie al die metro's en munisipaliteite hul uitgebreide beurtkragskedules gepubliseer nie.

"Die nasionale kode vir Eskom is in 2017 reeds update. Dit maak voorsiening vir ag afsonderlike fases beurtkrag.

"Tydens elke fase word aanvraag met 5% verminder, wat neerkom op sowat 1000MW. Fase-8 kom neer op 8000 MW en die kanse dat dit bereik word is skraal."

Intussen sê die kragreus daar is talle munisipaliteite wie nog nie hul planne aan Eskom kommunikeer het nie.

Dikatso Mothae, 'n woordvoerder van Eskom, sê: "Die risiko van beurtkrag is laag, maar munisipaliteite moet geed wees.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters