21 dae gelede
Fase-4 beurtkrag vir die res van die week
loadshedding
Fase-4-beurtkrag is Maandagmiddag geimplementeer.  ~ 

DAAR is weer ’n donker week op hande vir die land.

Talle Suid-Afrikaners het pas die week se fase 2-beurtkragskedule uitgewerk, toe maak Eskom bekend daar is nou fase 4-beurtkrag vir die week.

Fase 4-beurtkrag is Maandagmiddag geïmplementeer en sal duur tot 05:00 Vrydagoggend. Daarna sal fase 2-beurtkrag toegepas word tot 05:00 Saterdagoggend.

Vir inwoners van die Stad Kaapstad is daar darem bietjie verligting.

Verklaring

Die Stad sal fase 3-beurtkrag toepas tussen 06:00 en 22:00 en fase 4-beurtkrag net tussen 22:00 en 05:00.

In ’n verklaring verduidelik Eskom fase 4-beurtkrag is weens die tekort aan opwekkingskapasiteit.

Die kragreus beklemtoon ook die belangrikheid daarvan om noodopwekkingsreserwes op te bou.

“Daar is verwag dat sewe bykomende eenhede Maandag in diens geneem sou word, maar dit het nie gebeur nie.

“Daar is ook ’n opwekkingseenheid buite werking by die Arnot-kragstasie. Dit dra by tot die kragtekort.”

Eskom het om verskoning gevra vir die ongerief en Suid-Afrikaners daaraan herinner dat beurtkrag as laaste uitweg in werking gestel word.

Inwoners word aangeraai om hul munisipale beurtkragskedule te raadpleeg om te check wanneer die donkerte weer op hulle gaan toesak.

Kry jou beurtkragskedule hier.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters