9 dae gelede
Fase-1 beurtkrag weer vanaf 17:00
A electricity pylon.
Fase-1 beurtkrag is vanaand weer tussen 17:00 en 22:00.  ~ Getty Images

ESKOM gaan vanaand tussen 17:00 en 22:00 voort met fase-1 beurtkrag weens verskeie eenhede wat onklaar geraak het.

Twee eenhede by Kusile en een elk by Kendal en Tutuka is tans offline. Die situasie word verder vererger deur 'n vertraging om ander eenhede by Kusile, Duvha en Matla weer aanlyn te kry.

Altesaam 15 570MW is onbeskikbaar weens breakdowns asook 'n verdere 1273MW weens beplande instandhouding.

Die moontlikheid van loadshedding bly hoog vir die res van die week. Suid-Afrikaners word ook aangemoedig om minder krag tussen 17:00 en 22:00 te gebruik.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters