11 dae gelede
Beurtkrag Sondag na fase-1
Load Shedding
Fase-1 beurtkrag is van more af in werking.  ~ Foto Verskaf

BEURTKRAG gaan weens 'n verbetering in noodreserwes vanaand om 22:00 opgeskort word.

Moet egter nie te gou opgewonde raak nie. Fase-1 beurtkrag sal more vanaf 17:00 tot 22:00 in werking wees.

Luidens 'n verklaring is die kragnetwerk steeds onder druk en kwesbaar. Suid-Afrikaners word daarom aangeraai om kragverbruik, veral tussen 17:00 en 22:00, tydens die winter te verminder. Dis wanneer die kragaanvraag op sy hoogste is.

Eskom het darem verskoning gevra vir die ongerief.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters