7 dae gelede
Fase-1 beurtkrag die naweek
Load Shedding
ESKOM gaan vanaf more stage 1 van loadshedding skuif.  ~ Verskaf

DAAR sal die naweek plek-plek ligte aan wees.

Eskom het Vrydag laatmiddag aangekondig dat beurtkrag omstreeks 20:00 Vrydagaand opgeskort word.

Die kragreus noem egter dat fase-1 tussen 17:00 en 20:00 op Saterdag en Sondag geimplimenteer sal word. 

Volgens die staatsbeheerde-instelling kon hy vier kragopwekkingseenhede weer in diens neem vandag, en het die verbeterde weerstoestande ook bygedra tot 'n laer vraag na elektrisiteit. Daar is ook goeie vordering gemaak met die aanvulling van die noodopwekkingsreserwes.

Suid-Afrikaners word egter vriendelik versoek om krag steeds spaarsamig te gebruik, veral saans tussen 17:00 en 22:00.

Raadpleeg jou munisipale beurtkragskedule vir of en wanneer jou gebied geraak sal word, of click hier.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters