2 maande gelede
Familie vermoed Natasha was vergiftig
conabeer
Natasha Conabeer  ~ 

DIE familie van Natasha Conabeer, wat Maandag in die waakeenheid dood is, vermoed sy was vergiftig nadat dokters 'n groot hoeveelheid parasetamol in haar niggie se sisteem gekry.

'n Bewustelose Conabeeris is oor die naweek buite haar huis in Inanda, noord van Durban, gedump nadat sy vir minstens drie weke vermis was.

Haar antie Nozipho Goba sê Conabeer se ma het Sondag deur 'n geluid wakker geword.

"Sy het gedink dit was honde omdat hulle gewoonlik by die voordeur is. Sy het besluit om uit te gaan om te check en het haar dogter daar kry lê," het Goba gesê.

Goba sê sy het net een wond op haar niggie se arm gesien en nog een op een van haar knieë.

Conabeer was hospitaal toe gehaas.

Die polisie wag nog vir die nadoodse ondersoek om vas te stel wat die oorsaak van haar dood was.

Die omstandighede rondom haar verdwyning is steeds 'n raaisel.

Conabeer is Maandag om 07:00 dood. - JacarandaFM, News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters