8 dae gelede
Familie getreiter oor rape-saak
Saps police tape
Die polisie dreig na bewering 'n familie om 'n rape-saak terug te trek.  ~ Foto ter Illustrasie

DIE Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek ‘n klag van intimidasie nadat ‘n vrou van Brakpan gekla het dat die polisie haar terroriseer.

Dit kom vermoedelik nadat die gemeenskap ‘n man op heterdaad betrap het terwyl hy ‘n 13-jarige meisie verkrag.

Hy is deur die gemeenskap aangerand en later aan die polisie oorhandig.

Die ma van die 13-jarige sê ‘n groep mans het meer as vyf keer in die middel van die nag by haar huis ingebars en  met die dood gedreig.

Hulle het na bewering demand dat die ma die saak terugtrek.

Volgens die gemeenskap het die aanvallers met polisievoertuie gery.

Die vrou en haar is nou in ‘n plek van veiligheid.

The Citizen berig die vermeende verkragter is vrygelaat op borgtog van R5 000. – The Citizen

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters