24 dae gelede
Familie dump lyk by Old Mutual
Die familielede daag met die lyk by Old Mutual se kantore op.  ~ Skermgreep

'N FAMILIE van KwaZulu-Natal se woede was op 'n ander level toe hulle besluit het om 'n lyk by een van Old Mutual se takke te gaan aflaai.

Die familie is na bewering woedend oor 'n begrafniseis wat nie uitbetaal is nie.

In 'n video wat wyd en syd op sosiale media versprei is, kan gesien word hoe die familie met die lyk by Old Mutual se kantore opdaag.

Old Mutual het toe volgens familielede blitsvinnig die eis uitbetaal.

Muzi Hlengwa van die organisasie, National Funeral Practitioners Association in SA, het in 'n stadium met regsaksie gedreig.

Hlengwa het vroeër gesê die lyk is uit woede uit die morgue gehaal.

"Al die rituals wat gedoen is om die lyk van een plek na 'n ander te neem is nie gedoen nie.

"Die siel van die man is nou by Old Mutual. Hulle sal die kostes moet dek om die rituals weer te doen."

Old Mutual het op sosiale media bevestig dat die eis uitbetaal is. - EWN


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters