17 dae gelede
Faith ‘was ’n vyand’
Phumla WilliamsFoto: netwerk24  ~ 

PHUMLA Williams sê sy kon sien Faith Mu­thambi was vasbeslote om die staatskas leeg te steel.

Williams het gister in Johannesburg voor die kommissie van ondersoek na staatskaping getuig. In 2016 was sy adjunkdirekteur-generaal by die departement van kommunikasie.

Muthambi was toe minister. Dié het klaarblyk sonder konsultering al Williams se procure­ment-funksies weggeneem.

Gemartel

Williams was emosioneel toe sy getuig het Muthambi se gedrag het haar nagmerries en paniekaanvalle gegee.

Volgens haar was die laaste keer dat sy dit ervaar het, toe die polisie haar tydens die struggle gemartel het.

Williams het getuig sy het op 19 Augustus 2016 ’n interne brief ontvang van die direkteur-generaal, Donald Liphoko.

Sy sê Liphoko het geskryf Muthambi self het gesê haar funksies moet van haar weggeneem word. Williams sê sy het Muthambi hieroor gevra, want ’n minister mag nie by procurement inmeng nie.

“Ek moes aanvaar dis nie ’n minister dié nie; dis ’n vyand. Daarom het ek gesê ek sal Suid-Afrika se mense faal as ek dié dief daarmee laat wegkom.” – News24

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters