9 dae gelede
Ex-cop steek girl dood
Photo by Bill Oxford on Unsplash
Die voormalige konstabel het homself aan sy voormalige kollegas gaan oorgee.  ~ Foto ter illustrasie

'N VOORMALIGE polisiekonstabel van Mpumalanga het homself aan die polisie oorgegee nadat hy sy girlfriend die naweek doodgesteek het.

Die 27-jarige man het die polisie en die mediese span na sy woning in Sakhile naby Standerton geneem waar sy girlfriend se liggaam met sigbare steekwonde in 'n poel bloed gevind is.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, sê daar is ook op 'n skerp voorwerp op die toneel beslag gelê. Dit vorm deel van die ondersoek. 

Genl. maj. Thulani Phahla, waarnemende polisiekommissaris in Mpumalanga, veroordeel die voorval ten sterkste.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters