7 dae gelede
Eskom waarsku oor elektrisiteitsverbruik
Load Shedding
ESKOM waarsku mense om krag spaarsamig te gebruik.  ~ Verskaf

ESKOM waarsku Suid-Afrikaners om die gebruik van elektrisiteit te verminder weens die waarskuwings van ongunstige weer van die Suid-Afrikaanse weerdiens.

Die kragreus sê sy stelsel presteer baie goed en geen kragonderbrekings word verwag nie, maar hy het verbruikers aangemoedig om krag spaarsamig te gebruik.

Eskom sê die aanvraag gedurende hierdie tyd sal toeneem en druk op die stelsel plaas. Sedert 13 Junie is geen rolling power cuts geïmplementeer nie. Dit nadat kragonderbrekings  stadium 4 bereik het.

Sikonathi Mantshantsha van Eskom sê: “Ons wil ’n beroep op die publiek doen om die gebruik van elektrisiteit te verminder, aangesien die koue toestande ernstige druk op die kragstelsel sal plaas. 

“Hierdie stelsel presteer tans relatief goed en daar word nie verwag dat Eskom in hierdie stadium beurtkrag sal implementeer nie.” - EWN

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters