3 maande gelede
Eskom kry diesel oral
Dors: Talle dieselverskaffers voer tans dié reus.foto verskaf  ~ 

TUSSEN 2009 en 2019 het Eskom 48 verskaffers R47,4 miljard vir diesel betaal.

Eskom het dié syfer en die name van die verskaffers aan News24 gegee.

Dis nadat News24 die inligting aangevra het kragtens die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting.

Eskom wou egter nie sê wat hy elke verskaffer betaal het nie.

News24 het tot dusver agtergekom dat Eskom diesel gekoop het by alles van ’n printing shop in Johannesburg tot van die grootste brandstof- en oliemaatskappye ter wêreld.

Uitgawes

Sunday Times het vroeër berig selfs ’n voormalige beautician en ’n tandarts was van Eskom se verskaffers.

Die grootste uitgawes was tussen Maart 2013 en Maart 2016, toe dit R33,4 miljard beloop het.

Eskom het in Maart gesê hy beplan om R50 miljard te begroot om sy verouderde steenkoolkragstasie in stand te hou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters