Verlede maand
Eskom implementeer weer beurtkrag
Load shedding
~  ~ 

Eskom sê weens erge uitdagings met kapasiteit sal daar Donderdag weer FASE 2 beurtkrag tussen 09:00 en 23:00 beurtkrag in Suid-Afrika geimplementeer word.

Dit kom nadat die kragreus skielik Woensdagoggend aangekondig het beurtkrag word vir die dag geimplementeer.

Jabu Mabuza, waarnemende hoofbestuurder van Eskom, sê: "Om die kragstelsel van 'n algehele ineenstorting of blackout te beskerm en nadat alle moontlike recovery pogings geneem is, sal daar Donderdag weer rotational beurtkrag geimplementeer word."

Load Shedding Skedules

Son probeer by bly met wanneer jou area geraak word en het hierdie maandelikse schedule vanaf Eskom.

Laai die skedule hier af: LOAD SHEDDING en volg wanneer jou area geraak word, deur die volgende stappe te volg:

1. Weet watter fase is geimplimenteer

2. Kies langs die stage blokkie die regte fase

3. Kies jou munisipaliteit/dorp.

4. Kies die omgewing in jou munisipale-grense/dorp

5. Kyk onder die dag van die maand watter tyd jy geraak word.

ONTHOU: As dit fase 1 load shedding is, is net nommer 1 van toepassing. As dit fase 2 load shedding is word jy geraak die tyd waar nommer 1 en 2 staan. Met fase 3 word jy geraak die tyd waar nommers 1, 2 en 3 is.

Hierdie skedule is nog slegs vir die Wes- en Suid-Kaap.

Die Oos- en Noord-Kaap, en res van die land, kan die Eskom link gebruik

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters