8 dae gelede
Eskom eis kroon
 ~ 

ESKOM het bevestig hy gaan hof toe om geld terug te kry van die inter­nasionale konsultasiegroep McKinsey, en hy kyk na maniere om geld terug te kry van die firma Trillian, wat Gupta-bande het.

Die kragreus probeer R1,3 miljard van die twee maatskappye terugwin.

Die staatsonderneming soek die geld terug wat hy vir konsultasiewerk betaal het omdat hul sake as onreëlmatig bevind is. ’n Eskom-woordvoerder sê Trillian hou vol hy het dienste aan Eskom verskaf en sy verpligtinge nagekom, en hy dink nie dis nodig om die elektrisiteitsverskaffer terug te betaal nie. – Fin24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters