5 dae gelede
Eskom bring beurtkrag terug
Eskom sê hul kragnetwerk is tans onder geweldige druk.  ~ Reuters

ESKOM gaan weens 'n tekort aan opwekkapasiteit fase-2 beurtkrag vanaf 16:00 tot 21:00 in werking stel.

Die kragreus het vroeër vandag gewaarsku dat beurtkrag op kort kennisgewing kan terugkeer.

Die kragnetwerk is tans onder erge druk weens koue weer wat tot 'n toename in kragverbruik gelei het. Eskom sê druk op die stelsel vererger saans tydens die piektyd.

Altesaam 12984 MW is weens breakdowns verlore terwyl 'n verdere 2 924 MW weens beplande instandhouding buite werking is.

Suid-Afrikaners word gevra om kragverbruik te verminder.

Raadpleeg jou munisipale beurtkragskedule vir of en wanneer jou gebied geraak sal word, of click hier!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters