16 dae gelede
Eks-man en 4 ander vas vir vrou se moord
Photo by Bill Oxford on Unsplash
Vyf mense is vas vir die moord op 'n Oos-Kaapse vrou.  ~ Foto ter illustrasie

VYF verdagtes is gearresteer vir die ontvoering en moord van ‘n 51-jarige vrou van Qumbu in die Oos-Kaap.

Die vrou is vermoedelik op 11 Junie by die Tsitsa-brug ontvoer en haar liggaam dae later gevind.

Onder die verdagtes is na bewering haar eks-man, wie ‘n polisiebeampte is.

Brig. Tembinkosi Kinana, ‘n polisiewoordvoerder, sê die arrestasies is tussen Donderdag en Vrydag gemaak.

“Hierdie deurbraak is ‘n opvolg van die voorval waar die slagoffer, met haar 22-jarige seun, van Mabaleni na Qumbu gekom het. Hul voertuig is deur ‘n silwer Polo met twee insittendes gestop, wie voorgegee het om haar iets te vra en toe ‘n gun op haar gerig en aangedring op geld.

“Na bewering het een van die verdagtes in die rigting van die vrou geskiet, haar handsak gegryp en haar toe na hul voertuig gesleep.” 

Die vrou se seun is ook aangerand en het beserings aan sy bolyf opgedoen.

Volgens Kinana is onder die verdagtes twee vroue, na bewering susters van tussen 30 en 40, ‘n 55-jarige man wie in besit van ‘n 9mm vuurwapen was en die slagoffer se eks-man.

‘n 38-Jarige buitelandse burger is ook gearresteer.

Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die Qumbu-landdroshof op aanklagte van moord, poging tot moord, ontvoering en besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters