2 maande gelede
'Ek was nie betrokke by SABC 8 se skorsing'
Hlaudi Motsoeneng  ~ news24

HLAUDI Motsoeneng, die voormalige bedryfshoof van die SABC, ontken hy was betrokke by die skorsing en afdanking van die SABC 8. 

Motsoeneng het Woensdag voor die kommissie van ondersoek na staatskaping gesê die skorsing van die agt werknemers was nie omdat hulle 'n besluit geminag het om gewelddadige protesoptogte uit te saai nie.

Die agt werknemers is in 2016 afgedank nadat hulle teen sensorskap by die openbare uitsaaier uitgepraat het.

Motsoeneng sê egter daar was geen nagevolge vir joernaliste wat hulle nie gesteur het aan die besluit om nie geweldaddige protesoptogte uit te saai nie.

"As mense van jou verskil kan daar geen nagevolge wees nie. Dit is normaal vir mense om van jou te verskil."

Motsoeneng sê die dissiplinêre stappe teen die SABC 8 was omdat hulle die openbare uitsaaier se naam in oneer gebring het deur met die media te praat.

"Dieselfde met my. Ek het met die media gepraat en was weggejaag.

"Dit was nie die visuals nie. Dit het niks met die visuals te doen nie."

Adjunkhoofregter Raymond Zonda het aan Motsoeneng gesê die skorsingsbriewe maak dit duidelik dat die SABC 8 geskors is weens hul weiering om te voldoen aan die instruksie om geweldaddige protesoptogte uit te saai.- The Citizen


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters