Verlede maand
'Ek was gesê om op Nathaniel te skiet'
Konst. Caylene Whiteboy  ~ Brümilda Swartbooi

DIE vrouekonstabel in die moordsaak van Nathaniel Julies beweer sy was beveel om die 16-jarige seun te skiet as 'n manier om hom af te skrik.

Konst. Caylene Whiteboy het in 'n beëdigde verklaring erken sy het Julies geskiet, maar sê dit was op instruksie van haar medebeskuldigde, sers. Scorpion Simon Ndyalvane.

Volgens Whiteboy se regsverteenwoordiger, Jef Maluleke, het die twee polisiebeamptes die dag van die voorval 'n geparkeerde voertuig ondersoek. Hulle het op die eienaar gewag toe Julies twee keer na die voertuig gegaan het. 

Whiteboy sê om Julies af te skrik, is sy beveel om te skiet. Volgens haar het sy histeries begin raak toe sy besef het Julies is met skerp ammunisie geskiet omdat sy onder die indruk was dat die wapen met rubberkoeels gelaai is. Sy sê sy het vroeër dieselfde vuurwapen gebruik om betogers uiteen te dryf.

Julies, wat Down Syndrome gehad het, het na die skietvoorval nog gelewe, maar is met sy aankoms by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal dood verklaar.

Whiteboy sê sy het sedertien doodsdreigemente vanaf Ndyalvane gekry. - TimesLive


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters