2 maande gelede
‘Ék laat nie mark crash’
Markus JoosteFoto: fin24  ~ 

MARKUS Jooste vat glad nie blame vir wat met Steinhoff Interna­tional gebeur het nie.

Jooste was CEO van dié maatskappy, wat ’n huge knock gevat het. Baie mense het miljoene rande verloor.

Hy het gister in die parlement voor ’n komitee verskyn om te verduidelik wat verkeerd geloop het.

Dit was die eerste keer sedert 6 Desember dat hy in die openbaar gesien is. Hy het toe bedank. Die maatskappy se aandeelprys het daarna heeltemal in duie gestort.

Ouditverslag

Ongeveer R200 miljard van Steinhoff se markprys het in die slag gebly.

Gister het Jooste gesê dis nie sy skuld dat die pryse geval het nie. Toe hy bedank het, was die maatskappy sterk.

Hy het gesê hy kan nie kommentaar lewer op wat ná die tyd gebeur het nie.

Die komitee wou weet hoekom die aandealprys geval het.

Hy het gesê dit kan wees omdat die maatskappy op 6 Desember gesê het die oudit­verslag sal nie bekend gemaak word nie. Dit het beleggers en leners onseker gemaak.

Jooste hou vol hy het niks geweet van ongerymdhede nie. Fin24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters