12 dae gelede
'Ek is nie 'n held'
dishal sooku
Dishal Sooku  ~ Chanté Schatz

DIE restauranteienaar van Roodepoort wat onlangs ingespring het om te keer dat 'n vierjarige meisie ontvoer word, beskou homself nie as 'n held nie.

Dishal Sooku (38) sê hy was maar net op die regte plek op die regte tyd.

Sooku sê sy ervaring in gemengde vegkuns het hom voorberei om op te tree.

Die man wat die kind probeer gryp het, het reeds Maandag in die Roodepoort-landdroshof verskyn.

Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê die voorval hou nie verband met mensehandel nie, maar dat 'n gesamentlike poging nodig is om te verseker niemand word 'n slagoffer van dié misdaad nie.

"Dit is 'n herinnering aan die owerhede sowel as elke inwoner van die land oor die vlak van waaksaamheid wat ons moet inspan om te verseker dat mense veilig is en voel.  - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters