17 dae gelede
Egoli se geliefde Christine Basson oorlede
egoli, christine basson
Christine Basson het die rol van Nora Roelofse Naude in Egoli vertolk.  ~ Verskaf

Ure na sy haar 78ste verjaardag gevier het is die bekende aktrise, Christine Basson, dood.

Die nuus is deur ‘n vriend Reinet Louw Kemp gebreek.

“Ons geliefde vriend Christine Basson, vir talle die sterk moederfiguur Nora Naude van Egoli, is saggend vanoggend huistoe,” lui ‘n Facebook post.

Die aktrise, Lizz Meiring, het op Twitter vertel hoe baie sy baie Basson geleer het.

“Sy was ‘n ware legend en icon.

“Sy’t my so baie geleer en mentor, toe ek jong aktrise was.”

Afgesien van Egoli se Nora Roelofse Naude was sy ook te sien as Marietjie Barnhoorn in Agter Elke Man en Mev. Steenkamp in Wolhaarstories.

Behalwe vir haar werk oor drie dekades as aktrise was sy ook drama onderwyseres en radio aanbieder.

Basson was ten tye van haar dood ‘n inwoner by die Ekklesia Park-aftreeoord.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters