10 dae gelede
EFF verwerp EWN se verskoning
Julius Malema, EFF-leier, buite die Valke se hoofkantoor in Pretoria waar die voorval gebeur het.  ~ sarel van der walt

DIE EFF weier om Eyewitness News se verskoning te aanvaar nadat een van hul joernaliste op kamera betrap is terwyl hy die party se leier, Julius Malema, 'n p**s noem.

Die party vra nou dat die verslaggewer Barry Bateman onmiddellik geskors word.

Bateman is op 'n greep van die nuuskanaal Newszroom Afrika gesien waar hy sy kop skud en die woord uiter.

EWN het later daarvoor verskoning gevra.

In 'n verklaring sê die party hulle het lankal gewaarsku dat joernaliste verantwoordelik is vir die toksiese omgewing waarin die EFF moet sake doen. 

"Jy hoef jou net in te dink wat sou gebeur het as die EFF gereageer het op sy openlike uitlokking. Dit is duidelik dat baie die EFF sou beskuldig het dat hulle onverdraagsaam teenoor die media is en mediavryheid onderdruk.

"Dit is ook duidelik dat Bateman op Malema kan vloek omdat Suid-Afrikaanse joernalistiek partydige verslaggewers toelaat, verskoon en bevorder." - The Citizen



Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters