4 maande gelede
EFF soek Ramos nie op PIC-raad
Maria Ramos  ~ gallo images

DIE EFF is gekant teen die aanstelling van Maria Ramos, voormalige hoof van Absa, op die tussentydse raad van die Public Investment Corporation.

Volgens die EFF gaan Ramos seker maak die PIC belê in die "wit besighede" wat sy nog altyd gedien het.

Tito Mboweni, minister van finansies, het Woensdag die raad, wat uit 12 lede bestaan, aangekondig.

Dit kom ná die massa-bedankings van die ou struktuur te midde van bewerings van korrupsie.

Die EFF sê Ramos se aanstelling is die "perfekte teken" dat pres. Cyril Ramaphosa geen belangstelling het om die status-quo te verander nie.

Volgens hulle sal sy nie die belange van staatsamptenare verdedig nie.

Die EFF wou ook weet of daar geen bekwame swart vroue is wat Ramos se plek op die raad kon vat nie.

Ramos het in Februarie ná 10 jaar as uitvoerende hoof van Absa uitgetree.

Sy is ook die voormalige uitvoerende hoof van Transnet. – Fin24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters