20 dae gelede
EFF kry bloedneus in hof
Karima Brown
Karima Brown  ~ 

DIE Gautengse hooggeregshof in Johannesburg het in die politieke joernalis Karima Brown se guns beslis in ‘n saak teen die Economic Freedom Fighters.

Brown sê die uitspraak is “’n oorwinning teen seksisme, vir vroue in joernalistiek en vir die beskerming en vryheid van die media”.

Die hof het bevind die EFF het die Verkiesingskommissie se gedragskode oortree en moet nou die kostes van die hofsaak betaal.

Die EFF het in ‘n kort verklaring gesê hulle gaan gehoor gee aan die hofbeslissing.

Brown het die EFF hof toe gesleep nadat sy doods- en verkragtingsdreigemente ontvang het ná die party se leier, Julius Malema, haar nommer op Twitter geplaas het.

Dit ná sy per ongeluk ‘n boodskap na ‘n Whatsapp-groep van die party gestuur het. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters