16 dae gelede
Eerste groep Bokke land in SA
bokke
Onder die eerste groep Bokke wat Dinsdagmiddag in die land aangekom het is Pieter-Steph du Toit, Faf de Klerk en Elton Jantjies  ~ Twitter

DIE eerste groep wêreldrugby kampioene, die Springbokke, het Dinsdagmiddag op OR Tambo Internasionale-lughawe geland.

Onder die reeds in die land aangekom het is Faf de Klerk, Pieter-Steph du Toit en Elton Jantjies.

Die Suid-Afrikaanse rugbyspan het die afgelope naweek die William Webb Ellis wêreldbekerrugbytoernooi in Japan gewen en van die spelers sal na verwagting Dinsdagmiddag in die land aankom.

Onder die honderde ondersteuners wie die champs op OR Tambo Internasionale Lughawe gaan verwelkom is die Ndlovu Jeugkoor.

Die koor het bekendheid verwerg op America's Got Talent, toe hulle tot die eindstryd gevorder het.

Dinsdagoggend het die koor getwiet: “Ons sal die Springbokke by die OR Tambo vanmiddag verwelkom. Sluit aan om die wêreldkampioene die verwelkoming te gee wat hulle verdien." 

Intussen het SA Rugby bevestig dat die vlug waarop die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, die breier, Rassie Erasmus, en van die ander spelers is vertraag is en Dinsdagaand na 19:00 eers in die land sal wees. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters